Stel Misdaad/Liefdaad bekend

Lora sien haarself as 'n oplosser van probleme en eendag word sy betrek by die herstel van 'n baie spesiale pop.

Die lewe is egter nie so maklik om te herstel nie en Lora se geliefde huisgesin begin stadig meegee onder die druk van gebeure buite hul beheer.

Lora moet sterk staan te midde van probleme wat mens nié so maklik kan oplos nie.

Lesersindruk van Misdaad/Liefdaad

“Die storie het op alle vlakke vir my gewerk -- mense was menslik uitgebeeld en realisties-humoristies, en daar is ook Verlies, soos met die verdwyning van oom Anthony. Die idee van jeugliteratuur wat kinders bewus maak van uitdagings … help kinders hulle voorberei op die Lewe, glo ek.”

Maggie Mouton

Te koop per e-pos aan info@cover2cover.co.za

Leser, skrywer, kreatiewe siel.

Stuur vir my 'n boodskap

Volg my kreatiewe reis.